Taksin

'n Standbeeld van Taksin die Grote by die Hat-Sung-paleis in Thailand.

Koning Taksin die Grote (Thai: สมเด็จพระเจ้าตากสินมหาราช, Somdet Phra Chao Taksin Maharat), of die koning van Thonburi (Thai: สมเด็จพระเจ้ากรุงธนบุรี, Somdet Phra Chao Krung Thon Buri; Chinees: 郑昭, 鄭昭, Zhèng Zhāo; Viëtnamees: 鄭國英, Trịnh Quốc Anh;[1] 17 April 1734 - 7 April 1782) was die enigste koning van die Koninkryk Thonburi. Hy was 'n aristokraat in die Koninkryk Ayutthaya en 'n groot leier tydens die bevryding van Siam van die Birmaanse beleg ná die tweede val van Ayutthaya in 1767. Hy het Siam daarna verenig nadat dit onder beheer van verskeie krygshere was.

  1. Trần Trọng Kim, Việt Nam sử lược, volume 2, hoofstuk 6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search